TEMMERS VAN DIE WOESTYN REEKS - SIRKEL BOEKE
Hierdie reeks verhale speel af tussen die jare 1880 - 1890, in die omgewing van Kuruman, Kimberley, Barkly-Wes en Hebron (later Winsorton). Dit was jare waar onrus en wetteloosheid aan die orde was van die dag.
Ten weste van Kimberley, wat toe gebloei het vanweë die ontdekking van diamante in die sestiger jare, was die wêreld nog onbewoond en onbeskaaf. Maar ver van die hart van Kimberley af, in die onherbergsame Noordweste, het die diamantkoors ook hoog opgevlam en sy talle slagoffers geëis. Die opbloeiende smokkelhandel in die blink klippe het geharde en taai manne die wreedheid van die woestyn laat trotseer. Wit watente of lang muilkaravane het oor die sandstroke van die Kalahari heen gerol, onderweg na die grens van Suidwes. Honderde manne het in diens van die geldgod in die woestyn se warm sand omgekom, van honger of van dors. Baie het ook gesterf aan die hande van sluipmoordenaars. Hulle het nie geskroom het om die bossie- en bergwêreld, van die Rooiberge af tot in die dorheid van die woestyn, met mensebloed te bevlek nie.
Duisende tente het langs die Vaalrivier verrys en mense het daar saam gedrom, op jag na die skittering wat enige oomblik uit die sand opgedelf gaan word. Vanaf Kimberley, met sy verskeidenheid van nasies en sy bont mengelmoes van mense en tale, sy stinkende kroeë en hotelle, waar dansmusiek tot laat in die aand die rooiwyn vinniger laat vloei het, met sy vet fortuinsoekers, dronk van die gif van Mammon, tot by Kuruman, Barkly-Wes en in die land van die Griekwas, was die geweer, die rewolwer, die vuis en die dolk meermale die enigste erkende wet. Die vinnigste en die slinksste het vet, ryk en sterk geword, terwyl die swakkeres onderdruk is. Hierdie tydperk kan tereg na verwys word as Suid Afrika se eie “cowboy” era, waartydens geen genade gevra of betoon was nie. Dit was ʼn harde tyd vir almal en daagliks was dus ʼn verbete stryd om oorlewing.
1. Slagoffers van die Richtersveld - R. Hendriks (1980's) 2. Engel van wraak - R. Hendriks (1980's)
3. Bloed oor die Molopo - R. Hendriks (1980's) 4. Wandelaar in die nag - R. Hendriks (1980's)
5. Gif vir die hart - Braam le Roux (1980's) 6. Wit Koning van die Boesmans - R. Hendriks (1980's)
7. Die wind beveel - Braam le Roux (1980's) 8. Die wolf - R. Hendriks (1980's)
9. Moordenaar in wit - Braam le Roux (1980's) 10. Waar die kraai waak - R. Hendriks (1980's)
11. Vlamme teen die horison - Braam le Roux (1980's) 12. Die verwoester - R. Hendriks (1980's)
13. Sluipers in die nag - Braam le Roux (1980's) 14. Die perdedief van Grootrivier - R. Hendriks (1980's)
15. Wind oor haar graf - Braam le Roux (1980's) 16. Die skatte van Oewerplaas - R. Hendriks (1980's)
17. Gestaltes in die skemer - Braam le Roux (1980's) 18. Nag van verskrikking - Braam le Roux (1980's)
19. Lantern in die nag - Braam le Roux (1980's) 20. Spanning op blinkklip - R. Hendriks (1980's)
21. Nag van wraak - Braam le Roux (1980's) 22. Spore in die sand - R. Hendriks (1980's)
23. Die dal van vrees - Braam le Roux (1980's) 24. En hoër styg die waters - R. Hendriks (1980's)
25. Skaduwees op die krans - Braam le Roux (1980's) 26. Die halfmaanspoor - R. Hendriks (1980's)
27. Die nag het oë - Braam le Roux (1980's) 28. Ruiters in die nag - R. Hendriks (1980's)
29. Vrees is my erfenis - Braam le Roux (1980's) 30. Sandpad van die dood - R. Hendriks (1980's)
31. Vlam van hartstog - Braam le Roux (1980's) 32. Die nagwind ween - Braam le Roux (1980's)
33. Die skat van Hans Hanssen - R. Hendriks (1980's) 34. Lied van die klowe - Braam le Roux (1980's)
35. Bloedspoor na die berge - R. Hendriks (1980's) 36. Wolke voor die maan - Braam le Roux (1980's)
37. Swart wolk oor die Kalahari - Braam le Roux (1980's) 38. Duiwels van die duine - Braam le Roux (1980's)
39. Die wurgbende - Braam le Roux (1980's) 40. Ver lê die more - Braam le Roux (1980's)